Angs is 'n toestand wat almal van ons in sekere stadiums van ons lewens ervaar, al is dit net vir 'n paar minute. In sekere situasies is angs alledaags en gesond. As die liggaam egter hierdie angs "oordryf" (as daar nie regtig 'n logiese rede vir die angsgevoel is nie) praat ons van 'n angsversteuring (distress).
Kognitiewe Versteurings
Kognisie verwys na die brein se DENKE, m.a.w., die verwerking van inligting - meer spesifiek geheue, herwinning en die bestuur van inligting om kennis te stoor. Kognitiewe versteurings (delirium, demensie en alzheimer) is abnormaliteite in denke wat geassosieer word met tydelike of permanente breindisfunksie.
Eetversteurings
Eetversteurings verwys na toestande wat gekenmerk word deur onreëlmatige eetgewoontes, asook ‘n groot bekommernis oor gewig en liggaamsvoorkoms. Dit kan wissel van die beperking van kosinname tot oormatige kosinname, geforseerde braking, oormatige oefening en onnodige gebruik van purgasiemiddels.
Vrou Geestesgesondheid
In hierdie afdeling fokus ons op die ervarings van vroue op hul lewenspad en die onderlinge verhouding tussen haar geestesgesondheid, liggaam en hierdie ervarings. Die lewenspad van die vrou sluit gewoonlik bv. ervarings in aangaande die keuse van lewenstyl, 'n verhoudingsmaat en keuses rakende 'n beroep.
Kinders
Wanneer ‘n kind gediagnoseer word met ‘n versteuring, kan jou ondersteuning en motivering as ouer, familielid of selfs onderwyser‘n baie belangrike rol speel in die aanvaarding, bestuur en hantering van die diagnose. Dit verg die aanleer van vaardighede vir beide ouers en kind.
Persoonlikheidversteuring
Dit verskil van ander diagnoseerbare versteurings in dié opsig dat dit “deel” is van ‘n persoon, en nie iets wat die persoon “onder lede” het nie. As ‘n mens ‘n dit kan vergelyk met ‘n fisieke toestand, kan dit dus eerder met ‘n rare oorerflike siekte as ‘n tydelike toestand soos verkoue vergelyk word.
Breuk met Realiteit
‘n Klein persentasie van die samelewing ervaar ‘n breuk met die realiteit, wat veroorsaak dat hulle dinge hoor en sien wat nie vir die meeste ander mense bestaan nie. ‘n Persoon met psigose ervaar ‘n ander realiteit en hallusineer. Skisofrenie word gekenmerk word deur ‘n gebrek aan logiese denkprosesse.
Mans Geestesgesondheid
In hierdie afdeling fokus ons op mansgeestesgesondheid wat verwys na die sielkundige welstand van mans en sluit in hoe verskillende lewensfases en -fasette soos onder meer werk, verhoudings, liggaamlike gesondheid en veroudering hulle affekteer.
ʼn Gemoedsversteuring is ʼn versteuringspatroon wat ontstaan as gevolg van ʼn abnormale gemoed. Die meeste persone met ʼn gemoedsversteuring ervaar in stadiums depressie, maar sommige persone ervaar ook skommelinge in gemoed (“op-en-af”-gevoel). Die term GEMOED verwys na hoe die persoon VOEL.
Verslawing
Wanneer ‘n persoon ‘n middel inneem (bv. alkohol of dwelms) of deelneem aan ‘n genotvolle aktiwiteit (bv. eet, dobbel, seks) waar herhaalde betrokkenheid by die middel of aktiwiteit kompulsief raak en die normale funksionering van die persoon beïnvloed, praat ons van verslawing.
Impuls Beheer
Dit behels probleme met die regulering van gedrag en/of emosies. Vreemde gedrag vind op die ingewing van die oomblik plaas óf die gedrag kan beplan wees. Dit kan soms gebeur dat hierdie gedrag toevallig teen die wet is, met ernstige gevolge vir die oortreder of ander mense.
Louis Awerbuck
Louis Awerbuck
Kliniese sielkundige
Stellenbosch
Vir meer inligting oor die skrywer

Middeljare krisis

Die sogenaamde middeljare is die tydperk waartydens die meeste mense begin gekonfronteer word met hulle sterflikheid, asook die wete dat daar nie eindelose produktiewe jare is wat voorlê nie. By mans is hierdie lewensfase min of meer van toepassing tussen 40 en 55, en by vroue 35 tot 50. Menige beskrywings en definisies word aan hierdie tydperk in mense se lewe gegee, en veral ten opsigte van mans is daar bekende clichés wat gereeld gebruik word om van mans se optrede in hul middeljare te beskryf. Die oorheersende behoefte om skielik ‘n sportmotor aan te skaf, die dieet en oefening om beter en jeugdiger te lyk, en die fantasieë oor jonger vroue is wêreldwyd bekende “simptome” van wat beskryf word as ‘n “middeljare krisis”.

As die navorsing oor hierdie fenomeen egter mooi bestudeer word, is daar nie regtig bewyse vir die voorkoms van ‘n tipiese middeljare krisis nie. Uiteraard is baie mans en vroue wat in hierdie ouderdomsgleuf val meer emosioneel weerloos, en kan vatbaar wees vir erge gemoed skommelinge. Studies wys egter dat die middeljare nie meer of minder geassosieer kan word met angs, depressie, alkohol- of dwelm misbruik, selfmoord, egskeiding en ontnugtering oor ‘n beroep as ander lewensfases nie. Terwyl dit lyk asof jonger volwassenes die stressore van die daaglikse lewe meer intens emosioneel ervaar, is daar tog sterk aanduidings dat volwassenes in hulle middeljare meer persoonlike krisisse ervaar as gevolg van “stressor-oobelading”. Mense in hulle middeljare het gewoonlik verskeie belangrike aktiwiteite om tegelykertyd te hanteer, bv. ouerskap, werksverpligtinge, en gesondheid. Dit blyk dat vroue meer hiermee sukkel as mans, heel waarskynlik as gevolg van meer diverse eise wat deur die samelewing aan hul gestel word. Vroue gaan gewoonlik deur menopouse in hulle middeljare, wat uiteraard die ervaring van stres en gevolglike gemoedskommellinge, vererger.

Mense in hulle middeljare het oor die algemeen die meeste beheer oor meer fastette in hulle lewe as in enige ander lewensfases. Die baie beheer kan egter paniek veroorsaak deurdat daar vele opsies is waaroor besluit moet word in die middeljare, en die verantwoordelikheid daarvan kan ‘n fisiese en emosionele tol eis. Die impak van die lewe se stressore, sowel as die druk om “al die balle in die lug te hou”, veroorsaak dat mense in hulle middeljare sterk met veg-of-vlug gekonfronteer word. Diegene wie kies om te veg, se optrede word gewoonlik gekenmerk deur drastiese besluite, soos plastiese chirurgie of om heeltemal van beroep te verander. Hierdie veg-reaksie kan ook soms ervaar word in die vorm van rusteloosheid of oormatige energie, uitbarstings van aggressie of irritasie of toename in kos- of drankgebruik. Vir dié wie kies om te vlug, kan die uitkoms soms wys in verveling, dagdromery, ‘n gevoel van hartseer of onttrekking van sosiale interaksie.

Die sogenaamde “middeljare-krisis” word sodanig gekenmerk deur drastiese besluite, en soms kom dit wel voor dat mense in hulle veertigs of vyftigs dinge doen en besluit waaroor hulle later intense berou het. As jy dus binne hierdie lewensfase val in terme van ouderdom, sou dit dalk wys wees om enige oorhaastige besluite ‘n paar keer ekstra lank te oordink!

Artikels van skrywer

Obsessive-Compulsive behaviour increases as a result of COVID-19
OCD behaviour increases as a result of COVID-19

The symptoms of people struggling with OCD can worsen considerably due to how they experience the pandemic. Individuals who obsessed with cleanliness before the onset of COVID-19 will especially be affected.

Understanding General Anxiety in the time of COVID-19
Understanding General Anxiety in the time of COVID-19

The sudden occurrence of a pandemic like COVID-19 is a harsh reminder that we actually are not in control of our environment and that unexpected things can happen at any moment this provokes excessive anxiety.

Die siekte van ons tyd
Die siekte van ons tyd

Wêreldwyd word gepraat van ‘n “depressie-epidemie”, en alhoewel hierdie gemoedstryd so algemeen in ‘n modern wêreld geword het, lyk dit asof mense nog nie besef hoe gevaarlik die toestand is nie.

A Rational Relationship
A Rational Relationship

Human beings are more irrational than rational. Put in different terms, the reason/s why people act the way they do are more than often not logical and cannot be explained rationally.

Stigmatising in the time of COVID-19
Stigmatising in the time of COVID-19

It seems that the problem of stigmatisation is more far-reaching than most people are aware of. In several communities it is increasingly reported that individuals with symptoms...

Skisofrenie
Skisofrenie

Daar bestaan baie wanopvattings oor skisofrenie, asook wat die term “skisofrenie” eintlik beteken. Baie van hierdie wanopvattings bestaan omdat skisofrenie ‘n ingewikkelde siekte is om te verstaan, asook om te diagnoseer.

Overeating escalates during pandemics like Covid-19
Overeating escalates during pandemic

During May 2020, the data analysis company Ipsos conducted a large online poll among South Africans. Individuals were asked which psychological difficulties they experienced as a result of Covid-19.

previous arrow
next arrow